Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van 'n gemaskerde rower, bekend as Jan Fiskaal, wat die omgewing terroriseer. Dr Serfontein doen sy bes om te help om die rower vas te trek, veral om die invloed wat dit op die verbeelding van die avontuurlustige skoolseuns het, te bekamp. Daar is heelwat nuwe leerlinge by die skool, ook Flip, 'n seun wat van die huis weggeloop het en met iemand anders se naam by die skool aansluit. Eugene Krynauw, nou sestien jaar oud, en sy vriende is ook pal in die moeilikheid.

eBook epub
Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in 'n avontuur. Boonop veroorsaak 'n misverstand dat almal vir doktor Serfontein se lewe vrees, terwyl klein Lavrans deur 'n spul joernaliste ontvoer word