'n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.
Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. Maar wanneer 'n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas 'n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar 'n geesgenoot . . .