Hildegard, 'n Oos-Pruisiese adellike dogtertjie, beleef die Eerste en Tweede Wêreldoorlog en die bloedigheid, die hongersnood en vlugtogte daartydens. Liefdeloosheid en onpersoonlikheid was haar deel. Maar daar was iemand, lank terug, 'n Duitswester.
Irma Joubert begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se "Spesialis Joernalis van die Jaar". Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika.
Bewertungen
0 Bewertungen
Es wurden noch keine Bewertungen abgegeben. Schreiben Sie die erste Bewertung zu "Immer wes" und helfen Sie damit anderen bei der Kaufentscheidung.