JODI PICOULT is 'n gewilde en geliefde skrywer van etlike topverkopers, waaronder My Sister's Keeper, Nineteen Minutes, The Storyteller en Small Great Things. Sowat 40 miljoen eksemplare van haar boeke is tans wêreldwyd in druk.
Meer as 25 romans het al uit haar pen verskyn en haar werk is al in 34 tale vertaal. My Sister's Keeper is ook in 'n rolprent omskep.
Picoult is al verskeie kere bekroon, onder meer met die New England Book Award. Sy woon in New Hampshire in Amerika met haar man en drie kinders.