Terwyl Belladonna se bestuurder wittebrood hou neem Enya Joubert as bestuurder van die afspraaktoepassing waar. Enya Joubert is gewoond om agter die skerms te werk en kommunikasie met regte mense is nie haar sterk punt nie.
Nou dreig Keenan Luyt die agentskap met regsaksie nadat sy suster wreed bedrieg is deur 'n man wat sy op Belladonna ontmoet het. Keenan gee Enya een kans om die situasie reg te stel en sy suster uit haar diep depressie te red.
Dina Botha skryf al twaalf jaar lank liefdesverhale met 'n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het ná jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaargeskraap om self te skryf.
Bewertungen
0 Bewertungen
Es wurden noch keine Bewertungen abgegeben. Schreiben Sie die erste Bewertung zu "Hoe ver is eendag?" und helfen Sie damit anderen bei der Kaufentscheidung.